Gebed vir bekering

Almagtige Vader,

Dankie vir U genade en onbeskryflike liefde.

Here, ek is moeg vir die aanslae vanaf die duiwel op my gesin en familie. God Abba Vader, vandag wil ek tot bekering kom vir alles wat ek of my voorvaders oor my geliefdes gebring het. Jesus, U alleen kan my weer suiwer en heel maak.

Ek kom voor u as ‘n gebroke mens met sondes wat strek van Noord tot Suid. Ek dink nie daar is genoeg tyd om elke een op te noem nie, maar U ken my hart en u weet alles van my. U ken my deur en deur. Die goeie en die slegte. Ek staan voor u vandag as ‘n kind wat soveel rou binne my het. Ek is op die grond en moeg. So moeg dat ek terugstaan dat die duiwel my en my familie betrap.

Ek vra U om enige bose geeste of oorerflike sonde binne my te verwyder. Here, ek sny dit nou af in U naam. Ek sny af enige sonde wat oorgebring is vanaf my voorgeslagte. Tot in die vierde geslag sny ek dit nou af. Ek vra verwyder enige bose geeste uit my huis, my gesin of myself. God, vat hulle weg tot daar waar hulle hoort en hou hulle daar. In U Naam vertrap ek nou die duiwel uit my lewe en my gesin se lewe. Slegs deur U kan ek dit doen.

Ek vra kom vul ons met die Heilige Gees van kop tot tone sodat daar geen meer plek sal wees vir enige iets anders nie. Kom vul ons, Here. Dat ons sal oorloop van die Heilige Gees.

Ek vra maak my oe oop vir dit wat ek nie bewus is nie. Maak my meer attent op die dinge wat ek moet regstel met mense. Help my om te besef waar ek fout maak sodat ek onmiddellik kan bely.

Daar is geen ander liefde sterker as U nie. So nou wil ek vra dat U my sal reinig. Dat U my sal skoon was. Dat U my opnuut sal maak. Dat U my ‘n hart soos U hart sal gee.

Here, ek vra dat die mense wat ek tenagekom het, my sal kan vergewe. Help my om myself te kan vergewe. Hoe kan ek verwag van mense om my te vergewe as ek dit nie eens self kan doen nie? Gee my wysheid om enige situasie reg te hanteer en dat ek nie my eie kop sal volg nie, maar dat ek sal toelaat dat U my lei.

Help my Here om meer U antwoorde te soek in die Bybel as ek vrae het. Help my om nie op ander se opinies staat te maak nie, maar dat ek besef net u opinie belangrik is. Help my om meer in stiltetyd met u te praat en al die sekulere dinge van die wereld uit te sny en my lewe eerder te vul met U.

Jammer dat ek net vra en vra, Almagtige Vader. Ek wil meer vir U beteken. Ek wil meer vir mense van U leer. Help my net om weer op te staan ten einde ander mense te kan help. Ek wil U Naam getuig. Ek wil opreg ‘n Christen wees waarna almal kan opkyk.

Dankie vir u onvoorwaardelike liefde.

Amen

Advertisements

LEWENSFOTORAAM


1.

Die hotelkamer se muur is vol lewe, maar vol hartseer, spyt en angs.  Die skildery van die seuntjie wat langs die strand buk en met ‘n emmertjie speel, herinner hom so aan ‘n eens op ‘n tyd toe hy onskuldig en onaangeraak was deur die lewe. Die krake in die mure speel ‘n simfonie van gebroke harte en seerwees.   Braam Rademeyer is in ‘n eensame hotel in Betlehem.  Waar gaan hy dan die moed kry om te praat? Hoe het hy hier opgeeindig?  Geen hoeveelheid geld sal hierdie gevoel kan demp nie.  Hy dink terug aan die aand, die aand toe alles begin het.  Hierdie oneindige nagmerrie.  Maar hy sal dit moet doen.  Hy het geen ander keuse nie.  ‘n Week was oorgenoeg om oor alles na te dink en te besin.  Hy wil die lelik en vuil uit sy lewe skuif en aanbeweeg met die vrou in sy lewe.  Hy kyk na die horlosie en dit wys 11h30 die oggend. Nog ‘n halfuur voor hy moet ry na die lughawe wat vertrek na Johannesburg.  Daar sit ‘n knop in sy keel soos opgehoopte spyt oor dié wat was en nou oor twee ure sal kom.  Daar is skielik ‘n klop aan die deur en hy hop soos hy skrik.  Heeltemal is sy diepe, donker gedagtes gewis (Vir ‘n oomblik ten minste).  “Is jy reg om te ry?”  Sy staan daar met haar helder oë en roesbruin hare.  “Ons moet wikkel as jy nog betyds wil wees, skat.”  Braam is ene stilte vandag.  Sy weet hoekom, maar sy probeer sterk bly.  Vir hulle, vir hom, vir die kleinding wat kom. 

Die lughawe is so stil op ‘n Dinsdag oggend en buitendien is dit Bethlehem.  Nie veel om oor te vertel nie.  Die rye beweeg vinnig en kort voor lank is hulle by die portaal waar hulle moet wag.  “Hier my skat.  Drink ‘n pilletjie vir die senuwees”.  Sy is tog so besorg oor hom en kan sien alles vreet aan hom.  “Isabel, jy weet mos ek drink nie pille nie.  Ek sal fine wees.”  Na ‘n rukkie se wag is hy op sy vlug oppad na ‘n nuwe begin.  Soos hy insluimer in sy stoel begin die herinneringe terugkom.  Dit help dalk om hierdie hele ding in perspektief te plaas.

“Braam! Braam! Jou ma roep jou!”, bult Pa se stem soos ‘n Generaal bo na die trappe.  “Jy beter move mannetjie.  Jy is in groot moeilikheid!”.  Hy sluimer soos ‘n slak af by die trappe.  “Regtig?  Moet Pa so skree?”.  “Waar was jy gisteraand?  Sê my bietjie.”  Braam registreer nie regtig na gister se lawwe kuier nie. “Saam met Melissa, hoekom?”  Een skewe kyk en hy weet sy ma weet. “Kom mannetjie, jy beter nou mooi verduidelik aan Mamma.”  Hy loop in by die sitkamer.  Sy ma sit met haar hande in haar hare.  Sy snik soos sy huil.  Toe sy omdraai is daar meer telleurstelling in haar oë as trane. “Wat is die? Is dit hoe ons jou grootgemaak het? Regtig my kind.  Wat dink jy gaan Melissa se ma-hulle sê?”.  Die woorde borrel uit soos word vomet.  Dis al hoe Braam dit kon beskryf.  Hy staan stomgeslaan.  Sy kop wemel met verskonings wat hy kan uitdink oor hoe die dagga in sy sak beland het.  “Uhm… Uhm”, en die eerste woorde wat uitspring is, “dis Melissa se boetie gewees.  Hy het gesê ek moet dit vir hom hou.”  “Ag Braam, hoe moet ons jou glo?  Jy het al soveel leuens vertel dis net nie waar nie.  Loop net!  Loop net voor my weg!”.  Braam het sy ma nog nooit so gesien nie.  Hy het geweet hy is die telleurstelling van die familie, maar nou het hy NET te ver gegaan, dink hy.  Hy kan maar weet dat Melissa se ouers ‘n oproep van sy ouers kan verwag.  Wat het hy gedink deur dit te sê?  Melissa sal nie weer met hom praat nie.  Dae gaan verby sonder enige woord van Melissa se ouers of Melissa self.  Reken dat sy woedend is vir hom.  Maar hoe sê haar broer niks vir sy ma-hulle nie.  Sal hy dan bereid wees om te cover vir hom?  Hy skraap moed bymekaar en stuur ‘n SMS na Reynardt se foon:

Ou, ek is regtig jammerHoe kan ek dit opmaak teenoor jou?

Vir dae staar Braam na sy foon, maar geen antwoord nie.  Hy skraap meer moed bymekaar en bel na Melissa se nommer toe.  ‘n Paar keer druk sy die foon dood, maar hy hou aan probeer.  Ten einde laaste tel sy op: “Wat soek jy?  Weet jy wat jy aan ons familie gedoen het?”  Daar is ‘n lang stilte.  “Wat het met Reynardt gebeur?”  Melissa bars uit in trane. “Hy is na ‘n rehab gestuur jou idioot.  Hy het die punch vir jou gevat!  Ek haat jou!” en sy gooi die foon neer.  Braam sit vir (iets wat voel soos ure) en dink aan wat sopas gebeur het.  Hy kan net nie glo nie.  Hy is stomgeslaan.  Hoe kon hy Reynardt wat nie eens rook of drink in hierdie posisie plaas?  Hoe gaan hy homself ooit vergewe?

Weke het verbygegaan.  Sy familie het, net wanneer nodig, met hom gepraat.  Hulle het in die omgewing van Bedfordview, Johannesburg gebly en in hulle buurt was sulke goed taboe.  Dit gaan ‘n tydjie vat vir hulle om weer normaal te funksioneer.  Sy ouers is baie konserwatief en het die perfekte Christenhuis probeer behou.  Tog het Braam elke naweek gaan drink net om te vergeet van die pyn.  Die pyn wat hy iemand anders veroorsaak het en omdat hy vir Melissa mis.  Sy broer, Stefan maak dinge nie beter vir hom nie.  Hy en sy ou vroutjie Leona wil tog altyd ‘n woordjie inkry.  Om vir sy ma-hulle te sê dat hy nie daar hoort nie en behoort uit te trek as hy nie hulle reëls wil volg nie.  Asof hy ‘n engeltjie was al sy lewe lank.  Nou dat hy ‘n kind en vrou het, dink hy net hy is die kat se snor.  Hmmfff, dit sal die dag wees.  Hy en Leona is al saam van Hoërskool.  Regte High School Sweethearts.  Hulle seuntjie, Bennie, is die oulikste dingetjie op aarde.  Gelukkig judge  hy nie, want hy weet nog nie van beter nie.  Dis hoekom Braam so lief is vir hom.  Hy is seker die enigste een wat hom liefhet net soos hy is.  Met foute en tekortkominge en al.  Geen liefde is soos dié van ‘n kind s’n nie.  Onvoorwaardelik.  Daar is ‘n collage posters van Linkin Park teen Braam se muur en sy persoonlike keuse van moderne abstrakte kuns soos Matthew Curry en Martin Klimas.  Hy was nog altyd die artsy een in die huis (Nie dat dit ‘n verskil sou maak nie).  Hy sal vir ure kan lê en kyk na sy ceiling en goed uitdink wat nie eens s’n maak nie eerder as om te leer.   In die hoek van sy kamer was altyd ‘n wit doek op ‘n staander met een of ander van sy beplande meesterstukke (wat net nooit kon klaarkom nie).  Sy mure was pers geverf, maar mens kon amper nie eers die kleur van die mure uitmaak met al die posters nie.  Hy was ‘n diep, donker mens met issues wat myle strek, maar ‘n hart van goud wat net niemand kon raaksien nie.  Dis wat dit was.  Niemand het hom verstaan nie.  Dis maar al.

Stefan sit in sy kantoor en kyk met trots na sy splinternuwe sertifikaat wat lees “Worker of the Year”.  Hy het so hard gewerk om te kom waar hy nou is en moes baie goed prysgee om dit te behaal.  Op die kas net onder die sertifikaat is ‘n foto van sy familie.  Leona en Bennie is sy alles en sy trots.  Hy beskou homself as ‘n uiterse goeie pa.  Hy probeer net die beste vir hulle in die lewe te gee.  Sy kantoor pruik oor Johannesburg, Sandton op die boonste vloer van die gebou.  As Hoof Rekenmeester kan hy seker die lekkerte in die lewe ervaar.

“Mnr Rademeyer, die vergadering begin in 5 minute.” Stefan is soos ouder gewoonte reg en gereed vir hierdie een.  Hierdie kliënt gaan hulle nie verby glip nie.

Stefan het ‘n Jean Pierre Gaultier pak aan vandag om juis die kliënt te probeer beïndruk met sy voorkoms.  Die cufflinks op sy hemp is ‘n $ teken om net meer besigheid te praat.  ‘n Man moet doen wat ‘n man moet doen.  Dis ‘n leeu eet leeu wêreld in Johannesburg.

Die pitch loop vlot en hulle slaan die kontrak los met die kliënt met min moeite.  Stefan is net tande vir die res van die dag en almal wens hom geluk op die maatskappy se skuif van die jaar!  Daar loer ‘n gesiggie by sy oop kantoor in en sê, “Stefan, Mnr Welgemoed wil jou in sy kantoor sien.”  Stefan staan dadelik op en huiwer nie om vinnig en flink te beweeg nie.  Mnr Welgemoed is iemand om nie ligtelik te vat nie.  Hy sal nie huiwer om ‘n persoon op die plek net daar en dan af te dank nie.  “Stefan! So bly om jou te sien.  Kom in, kom in.  Sit bietjie seun.”  Dis so vreemd om hom so vriendelik te sien dat Stefan skoon uit plek voel.  Hy voel soos ‘n Standerd 2 seuntjie oppad om ‘n beker te kry vir goeie gedrag.  “Ek en die Direkteure het gepraat en besluit dat ons die oop plek as Direkteur van Rupert McLaren wil gee.  Hy verkoop sy gedeelte vir ‘n winskoop.  Ons wil jou baie graag op ons span hê.  Wat sê jy?”.  Stefan is stomgeslaan met die nuus.  Hierdie is die oomblik waarvoor hy nog sy hele lewe lank voor swoeg en sweet.  Sonder om verder te huiwer, sê hy, “Ja Meneer.  Julle verstaan nie wat dit vir my sal beteken nie”.  Amper tot so ‘n mate dat hy oorgretig voorkom.  “Maar jy is ywerig seun.  Dan is dit gedoen.  Ek sal vir Lisa sê om die papierwerk reg te kry om die transaksie te doen.  Wil jy nie eers met jou gesin dit bespreek nie?” “Ek sal vir haar vanaand sê, maar hierdie is ‘n uitgemaakte saak.”  Heel in sy noppies skud hy Mnr Welgemoed se hand met ‘n stewige druk om weereens sy dankbaarheid te toon en loop met dié grootste smile op sy gesig wat hy al ooit gehad het.  Ewe skielik lyk al die Jacarandas perser en die voëltjies duideliker.  Eerste gedagte was… Ma en Pa.  Hulle sal so trots wees.  Hierdie dag kan net nie beter nie.

Toe hy by die huis stop, is daar Polisievoertuie en baie nuuskierige bure wat oor die muur beur om te kyk wat aangaan.  Stefan het hulle een gluur gegee en hulle het aangaan met die “take” in die tuin (asof).  Hy was sommer haastig oppad voordeur toe, toe die Polisieman by die deur uitkom, maar nie net hy alleen nie.  Sy broer is aan boeie vas en kyk af van skaamte.  Hy kan nie eers sy broer in die oë kyk nie.  “Wat? Wat het gebeur Braam?”  Braam kon nie ‘n woord uitkry nie en die man het hom in die wa gelaai. 

Toe Stefan in die sitkamer kom, sit omtrent die hele familie in die sitkamer.  “Sê vir my wat gaan aan! Asseblief!”  Almal staar na hom en Ma hou sommer op huil.  “My kind, Braam het ‘n meisie swanger gemaak.  Sy was 15 en jy weet wat dit beteken.  Statutêre verkragting.”  ‘n Mens kan Pa se moegheid in sy stem hoor.  “Regtig?! Regtig?! Ek het julle lankal gesê julle moet hom wegstuur.  Ek is mooi moeg vir hierdie malligheid.  Ons is die grap van die buurt!” Nog nooit het hulle hom so kwaad gesien nie.  “Seun, kalmeer nou.  Ons sal dit uitsorteer.”  “Uitsorteer! Uitsorteer!  Ek is hier om goeie nuus vir julle te bring en hier kom ek na dit.  Ek wil nie meer deel hê aan die familie nie.”  Hy storm so vinnig daar uit dat die bure eintlik skrik wat so hang oor hulle mure. “Wat kyk julle?!  Het julle niks beter om te doen nie?”  Hy vlieg in sy kar en spin weg met ‘n vaart.  Die gemoed in die Rademeyer woonhuis is maar laag.  Hulle sal ‘n plan moet maak.  Daar is geen ander manier nou meer nie.

2.

Die mure is koud en nat.  Daar is ‘n mengsel van geure en gesigte in die gang van die tjoekie wat enige mens sal naar maak. Hier sit Braam handjies gevou.  Daar is nou niks meer om te doen as om te wag.  Hy wag vir ‘n antwoord, vir simpatie en sy ouers om te kom en hom te red van hierdie nagmerrie.  Hoe kon sy dit aan hom doen.  Sy is dan lief vir my.  Hy kan nie insien hoe sy dit kon doen nie.  “Hier is hy.”  Die man met die uniform wys direk na hom toe.  En om die draai kom die laaste persoon wat hy ooit sou verwag het.  Sy broer.  Hy weet nie of hy telleurgesteld of verlig moet wees nie.  Hier kom ‘n preek wat stuit vir niks.  Stefan sê nie ‘n woord vir hom oppad huis toe nie, maar toe hulle voor die huis stop, staar hy net voor hom uit en sê, “Ek het jou net kom haal om vir jou te sê ek is klaar met jou.  Ek wou eergister goeie nuus bring en toe stel jy die familie weer telleur.  Mamma hulle kan nie bekostig om jou uit die tjoekie te haal nie en ek wil hê jy moet weet ek doen hierdie vir hulle en nie vir jou nie.”  Braam se oë kyk ondertoe oor die skaamte wat hy voel.  “Ek hoop jy gaan dink oor wat jy gedoen het.  Ek het gereël vir ‘n Prokureur om jou in die Hof te verdedig om een rede en een rede alleen.  My beroep en posisie by die maatskappy is in gedrang.  Hierdie gaan die hele buurt vol loop.  Ek is klaar, klaar met jou! Toe! Klim uit.”  Nog nooit het Braam so seer gehad nie.  Sy broer, wat hom altyd beskerm het teen die lelike maaitjies by skool, wat saam met hom albasters gespeel het en gecover het vir hom vir al die jare.  Nou verjaag hy hom.  Dit breek sy hart.  “Stefan, ek is jammer.  Regtig.”  “Wel, jammer doen dit nie meer vir my nie.”  Daar staan Braam met sy half gebleikte en geskeerde hemp met trane in sy oë.  Hy het nou drooggemaak.  Hy sal moet dinge beter maak, maar hoe?  Hy was net 2 dae weg by die huis, maar dit voel soos ‘n ewigheid.  Die gemoed hang swaar in die huis toe hy instap by die kombuis se deur.  Daar sit Ma en Pa en kyk vir hom.  Nie met oop arms soos gewoonlik nie, maar met ‘n haat in hulle oë wat amper deur hom kan kyk.  Nie eers met ‘n Hallo nie, maar met ‘n “ons het besluit dit is genoeg.”  “Mamma, ek is jammer oor wat ek gedoen het” en hy begin uitbars in trane.  “Om te huil gaan dinge nie verbeter nie.  Weet jy dat daardie meisiekind die kind verloor het as gevolg van al hierdie stres op haar?  Sy is in stukke.”  Braam sink vir ‘n oomblik dit wat hulle sopas gesê het in.  “Is my kind dood?”  “Ja Braam,  jy het alles hierdie oor jouself gebring.”  Braam het soos ‘n zombie omgedraai en by die deur uitgeloop.  Sy knieë raak lam en sak in mekaar.  Om een of ander rede het hy hierdie prentjie in sy kop gekry van hoe hy en sy laaitie saam rugby speel en hy saamgaan na die Springbokke se games.  Alles daar en weg in ‘n oogwink.  Na ‘n paar minute se huil, staan hy op en neem ‘n skielike besluit.  Ek wil nie meer lewe nie.  Here, kom neem my asseblief net hier en nou. Hy loop weer in die kombuis en Ma en Pa stop sommer om te praat.  “Moenie worry nie.  Ek is een van die dae uit julle hare uit.”  Ma en Pa is so gewoond aan sy dreigemente.  “Ag asseblief Braam.”  Hy loop elkgeval net by die trappe op en ignoreer hulle.

Die UITWEG

HIER IS ‘N PAAR PARAGRAWE VAN MY BOEK. LAAT WEET MY AS JY DIE RES WIL LEES.

Christel was altyd die een met die lelike tande en eenvoudige hare. Sy het nie veel planne gehad vir die toekoms nie.  Net om gelukkig te wees soos haar Ma en Pa. Met haar kortbroekie en ou uitgewaste hempie het sy die veld in gevaar en klippe geloop en skop met haar suster se ou tekkies wat sy gekry het.  Sy moes altyd die hand me downs kry van haar boetie en sussie.  Liefde was genoeg, maar die geld was min. Tog, wat meer wil ‘n kind in die lewe hê?

Hier sit Christel op die einste klippe waar sy ‘n fort gebou het toe sy 11 jaar oud was. Die gevoel in haar hart is net nie dieselfde nie. Is ‘n huis dan nie veronderstel om veilig te voel nie? Die frons tussen haar seeblou oë spreek boekdele, maar sal iemand ooit kon weet waar deur sy gaan? Soms wens sy dat sy net hardop kan skree in die middel van al die mense sodat hulle kan weet en verstaan.

Ek sal moet teruggaan. Hy ry seker al by die werk. Haar Labrador staar na haar met oë asof hy verstaan wat sy voel.  Hy is seker al een wat sien wat gebeur in daardie huis.

Dit neem Christel omtrent 10 minute om by die huis uit te kom. Sy gaan by die agterdeur in sodat hy nie nie kan sien dat sy gery het nie. Die kombuis lyk presies soos sy dit gelos het. Presies soos wat hy dit wil hê. Sy doen ‘n vinnige scan van alles en of dit op hul plekke is. Die afdrooglappe is in lyn met mekaar. Check. Die koffiebekers se handvatsels is na regs gedraai. Check. Die silwer messe en vurke is gepoets dat jy amper jouself daarin kan sien. Christel is tevrede.  Alles sal vanaand regloop. Haar oog vang ‘n weerkaatsing in die oond. Dis Robert en hy lyk nie gelukkig nie. “Hallo my skat. Hoe was jou dag by die werk?” Soms klink Christel vir haarself soos ‘n hondjie wat smeek vir kos. “Los die act. Ek het jou gesien verby my ry toe ek by die robot staan.” Sy stemtoon maak Christel moedeloos. Alles was perfek vir vanaand. Vanaand sou goed afloop. Sy stem lig, “Antwoord my!”

“Ek het iets vergeet vir aandete. Gedink ek sal jou spaar en dit sommer gaan kry. Ek weet hoe moeg jy is na so lang dag se werk.”

Hy gluur haar aan met sy regteroog op skrefie getrek. “So, wat het jy nogals gaan kry?”

“Daardie slaaisous waarvan jy so baie hou.” Sy is al ‘n expert daarin om leuens te vertel. Sy glo al amper haarself.

Hy lyk skepties, maar dit klink geloofwaardig genoeg om te laat vaar. “So kry ek nie ‘n soen nie?”

Die gevoel wat oor haar spoel as sy hom soen walg haar. Hierdie masker wat sy voortdurend moet dra raak nou dun. Sy kan voel hoe dit al smelt van haar gesig af. Elke dag bietjie meer.

Natuurlik my man.” Sy hou dit kort. Haar hart klop in haar keel en sy is bang dat hy dit kan aanvoel. Van sy aantreklikheid is daar niks meer oor nie. Vir haar is hy net ‘n harde dop van ‘n monster. Hy was altyd die stud in die dorp met die breë skouers en groen oë. Al die meisies het gewag op hom. As hulle maar net weet watter groot guns sy hulle gedoen het. 

Robert beweeg na die eetvertrek. Hy inspekteer die vertrek met deeglikheid. Sy vingers gly oor die eikehout tafel om te sien hoeveel stof daar is. Christel loer om die yskas om te sien wat sy reaksie is. Die plekmatjie is uit plek en hy trek dit reg met sy duim. Hy byt sy lip, maar hy sê niks. Dit moes ‘n goeie dag by die werk gewees het. Die verligting maak bokspringe binne haar.

“Ons kan maar eet as jy reg is.” Sy vermy die woorde my man en okka soveel moontlik. Selfs sy het haar perke.

“Ja, jy kan maar skep. Hoop net dis beter as gister s’n.”

Sy skep die kos in die bord so vinnig sy kan. Christel loop in die vertrek. Sy vingers speel ‘n bekende deuntjie op die tafel se blad. Dis die deuntjie wat hy gewoonlik speel as hy ongeduldig word. Haar moed sak in haar skoene. Hy lyk tog rustig, dink sy by haarself.

Jy lyk so mooi opgedoen vanaand, my vrou. En die kos ruik baie lekker.”

Sy gooi ‘n vinnige smile na sy kant toe en kyk af.

Die ete verloop soos beplan en Christel se dankbaarheid is genoeg om vir die volgende week te hou. Sulke oomblikke gee haar weer krag om aan te gaan. Robert was amper klaar toe hy, sonder om vir haar te kyk, die vraag skiet.

Dis nogals vir my snaaks dat die slaaisous se bottel half is. Hoekom het jy dan nog gaan koop?”

Hierdie keer het Christel nie vir hom ‘n antwoord nie. Sy sluk swaar aan die kos in haar mond.

Ek sal graag daardie strokie wil sien wat jy gehou het toe jy dit koop”, gaan hy voort.  Steeds kyk hy nie vir haar nie.

Sy dink flink. “Die mense se rolletjie by die kassier was op. Ek het vir hulle gesê dis nie nodig vir die strokie nie. Dit was net die slaaisous.” Die angstigheid is duidelik hoorbaar in haar stem. Sy raak bang.

Robert vat nog ‘n vinnige hap van sy kos. Hy maak reg vir die doodskoot. Christel voel die tafel skuif na haar kant toe.

“Jy lieg vir my! Kom Christel, wat wil jy maak!?”

Die slag van die eettafel het haar wind uitgeslaan. Sy wil nog smeek en keer toe die eerste hou val. Sy keer met haar hande maar dis nie genoeg nie. Sy begin skuifel na die hoek van die vertrek. Uiteindelik kry sy ‘n woord in.

Asseblief Robert. Asseblief net nie vanaand nie!”

Dis asof hoe harder sy smeek, hoe harder die houe bly val. Sy wil nie eens meer terug baklei nie. As ek lank genoeg stil lê sal hy my los. Tevergeefs het dit nie gestop nie. Christel wil elkgeval nie meer lewe nie en hoop dat minstens een van die houe haar lewe sal neem. Haar beeld het verdof. Sy wrede groen oë was die laaste visioen wat sy kan onthou.

2.

Steven Barends is nie jou tipiese beroepsman nie. Sy eenvoudige lewensstyl het inteendeel hom minder van ‘n aantrekking gemaak. Ja, Steven Barends is ‘n metaalverklikker. Nee, nie die masjien nie. Dis sy beroep. Tog gee dit vir hom vrede in sy hart om dit elke dag aan te pak. Nooit weet hy wat die dag vir hom sal inhou nie. ‘n Ander sal dink dit is net ‘n stukkie metaal, waar hy weet dit was ‘n gedeelte van ‘n ou heroïese daad wat lank terug gebeur het. Boonop word hy landvol gestuur om te werk. Wat meer kan ‘n geskiedenis boffin voor vra?

Die liggies van die dorp herinner hom aan sy kinderdae. Om elke draai wat hy gaan sien hy hoe hulle tot laat gespeel het of toe hulle met skaatsplanke in die buurt rondgery het en tok-tokkie gespeel het. Dit was die goeie ou dae. Hy ry verby ‘n huis en bring die voertuig uiteindelik tot stilstand. Hy sit en bewonder die huis vir ‘n lang ruk. Ek wonder waar Christel Bodenstein in die lewe is? Soos hy haar ken het sy seker iets eksoties aangepak soos om op ‘n wildreservaat te gaan werk of scuba instrukteur geword. Mens weet nooit met haar nie. Ai, hoe mis Steven ewe skielik daardie sagte hoekies om haar mond wat speel in 100 verskillende maniere. Die manier wat sy hom altyd spesiaal laat voel het tussen almal as hulle hom geboelie het. Hy was nou nie juis jou tipiese buff rugbyspeler nie. Hy was die een wat tot in matriek sy versameling van stene in sy kamer laat pryk het.  Hy was ook nie juis iets vir die oog nie.

Hy laat die motor se wiele stadig aanrol. Ek sal by die gastehuis moet uitkom.

Daardie aand lê Steven en bedink hoe hy vir Christel gaan opspoor. Hy het nog nooit die Facebook ding probeer nie. Hy gaan ook nie nou nie. Hy sal maar ondersoek moet instel môre. Sekerlik sal hier nog mense van skooldae hier bly. Dis mos boere gemeenskap. Sy regter wysvinger rus oor sy wenkbrou net soos hy altyd doen as hy hard aan die dink is. My lewensplan het nie uitgedraai soos wat ek wou nie. Ek wil trou. Ek sal trou! En gou ook. Dalk sommer met Christel.

”Christel Bodenstein”, hoor hy homself hardop sug. “Waar sal jy wees?”

Steven word wakker met die reuk van French toast en eiers. Salig! Dit herinner hom aan sy ma wat Sondag oggende voor kerk die full english breakfast voorgelê het aan tafel. Hy mis soms sy ouers, maar hulle het hulle eie lewe geskep in Australië. Hulle is sekerlik gelukkiger daar as hier.

Tannie Santie het net haar beste voorgesit vanoggend. Sy was ‘n wiskunde onderwyseres by Steven se skool en dit altyd lekker om ou gesigte te sien. Tannie Santie vra so baie vrae, maar Steven wil net eet en aan die werk begin spring. Tipies! Hy kom om vakansie te hou en nou wil hy weer werk.

So my kind, wat bring jou na hierdie dorp?”

Uiteindelik kry Steven ‘n opening vir ‘n antwoord voor hy sy volgende hap vat. “Tannie, ek is hier met vakansie en om  bietjie ou gesigte te sien.”

Sy gee ‘n breë smile na sy kant toe. “Mens se hart trek altyd terug hiernatoe of hoe sê ek?”

Steven het al klaar weer ‘n hap gevat en knik net sy kop. Hy het vergeet hoe vriendelik die mense hier kan wees. Hy het te gewoond geraak aan die gejaag van die stede en ander dorpe.

“As ek tannie mag vra. Weet tannie wat van Christel Bodenstein se ouers geword het?” Hy weet nie hoekom nie, maar hy kry te skaam om direk oor haar te vra.  Die tannie se gesigsuitdrukking verander drasties.

Ai jong, hulle is albei oorlede in ‘n ongeluk so tydjie terug. Baie hartseer gewees.”

Steven probeer nie eens verder uitvra oor Christel nie. Hy kan nie insien hoe Christel hier sal bly as haar ouers oorlede is nie. Dit sou net nie s’n maak nie.

“Sal tannie my van tafel verskoon?”

Hy skuif sy stoel onder die tafel in met sy knie. Tannie Santie knik net haar kop. Sy kan sien sy het iets verkeerd gesê. Steven is daardie aand so verslae oor wat hy gehoor het. Hy kon nie ‘n oog toemaak nie. Ek sal iets moet doen om my gedagtes af te lei. Hy onthou die kroeg op Krugelstraat se hoek. Daar sal hy sekerlik iemand sien wat hy geken het op skool. Hy spring op en begin sy beste Diesel jean en Khaki hemp aan te trek. Sy vingers vleg deur sy ligbruin hare terwyl hy vir homself in die spieël staar. Hy is ‘n redelike aantreklike man met breë skouers. Hoe is dit moontlik dat ek nog nie die een gekry het nie? Hy weet hy was nog nooit ‘n looker op skool nie, maar nou. Hy moes al getrou het. En nie met enige iemand nie. Met Christel. Dit was sy lewensplan en nou is alles in skerwe. Hy kan maar net sowel huis toe gaan en daar verder vakansie gaan hou. Daar is geen nut daaraan om verder hier te bly nie. Net daar en dan besluit hy om die volgende oggend, eerste ding in die pad te val.

Die liggies in die straatlampe lyk met hierdie keer se verbyry al hoe meer of hul dowwer geword het. Alles lyk saai vir hom vanaand. Hy wil hom vanaand vergryp aan drank en nooit weer dink aan die simpel dorp nie. Die neon teken flikker onbeheerlik voor die gebou. Dit lees SOUTIE’S PUB AND GRILL. Hy is amper seker dat die naam verander het.

Toe hy instap sien hy net so drie verlate mense by die punt van die kroeg sit. Dit lyk soos ‘n toneel uit ‘n depressing movie. Baie depressing. Dit sal maar vir vanaand moet doen. Sy oog hardloop deur die vertrek om te sien of hy iemand ken. Tevergeefs.

Hy kies ‘n stoel so ver moontlik van die drie mans wat lyk asof hulle vrouens hulle uit die huis geskop het. Dis nie asof hy nog meer drama nodig het nie. Die barman loop nader met ‘n glas en afdrooglap in sy hand. “Wat sal dit wees?”

“Gee maar ‘n dubbel van dit met sodawater”. Sy vinger wys na ‘n bottel whiskey wat vir hom sit en lag. Die barman is duidelik ‘n man van min woorde. Dalk is hy bang om te praat. Ek sou ook wees as daar soveel mans met probleme by my bar sit. Hy lag by homself toe hy daaraan dink.

Ewe skielik swaai die deur agter hom oop. Hy hoor ‘n stem bult bo-oor die stem van Percy Sledge in die agtergrondmusiek.

“Nee nee ouens! Hoekom so bedroef lyk?” Hy steek sy hand diep in sy broek se sak en haal ‘n R5 uit om ‘n ander liedjie te kies. Hy maak sy keuse en draai om. Hy lyk in sy noppies met sy keuse wat hy gemaak het. Steven verstom hom aan die man toe hy reg langs hom kom sit. “Ek sal ‘n regular vat. Dankie Bob!”

Percy se stem versag op die jukebox. Ewe skielik bars daar ‘n song los wat almal vir ‘n oomblik laat wakker skrik. Die man sit en tribbel met sy voet op die barstoel se stut. Hy sing hartlik saam toe die koorgedeelte begin:

18 till I die – gonna be 18 till I die!

Ya it sure feels good to be alive.

Someday I’ll be 18 going on 55 – 18 till I die.”

Hy draai ewe skielik na Steven. “Bryan Adams bly darem maar net ‘n wenner of hoe sê jy?”

Steven loer oor sy skouer om seker te maak of hy wel met hom praat. Hy het nog nie eens ‘n kans gehad om sy vraag te antwoord nie. “Jy is mos Steven van skool? Ek ken jou!”

“Ja ek is.” Hy probeer die man plaas, maar hy lyk glad nie soos iemand wat hy sou geken het nie.

“Fanie Fourie man! Jy het langs my gesit in die wiskunde klas.” Steven kan sy oë nie glo nie. Inderdaad is dit hy. Ietwat met ‘n verandering. Hy was die skool se boelie en Steven sy hoof target. Ewe skielik voel Steven weer soos die seun met die dik brille wat net daarvan gehou het om te sit en leer gedurende pouse.

“Kan jy nou meer? Jy weet, ek was eintlik oppad huis toe, maar jy moet jou aand verder geniet.”

Steven is oppad uit toe Fanie hom aan die arm gryp. “Komaan Steven, ek is oor daardie dae. Kom ek koop vir jou ‘n biertjie en dan sit ons die verlede agter ons.”

Maklik om vir hom te sê. Hy was nie die een wat agter die seuns se badkamers gehang het aan die handdoek se reëling nie.

Uit vrees vir hom, sit Steven gouer as wat jy kan sê mes. “Een sal miskien nie seermaak nie.” Hy bring ‘n ongemaklike lag na vore. Hierdie gaan ‘n lang nag wees. Maar tot Steven se verbasing is Fanie ‘n opregte goeie mens. Hulle het gepraat oor die ou dae. Die goeie en die slegte. Vele kere het Fanie om verskoning gevra vir sy gedrag.

“Ek was maar net ‘n vervelige seun met te min om te doen. Jy moet eintlik geëerd voel dat ek jou uitgekies het.” So nou en dan het sy grootpraterigheid weer terug geflits, maar daar was iets anders aan hom. Vir die eerste keer kon Steven ‘n gesprek met hom voer waar die woorde “eina” en “asseblief nie” ontbreek. Waar sou hy ooit kon dink dat hierdie aand so sou uitdraai.

Steven en Fanie het so gesels dat hul nie eens agterkom dat al die mense in die kroeg al weg is nie. Hulle het ‘n paar keer ‘n liedjie van destyds aangesit en getrek saam met die musiek. Hulle kon nie eens meer behoorlik staan nie.

Dalk was al hierdie gestres oor Christel verniet. Ek sal weer iemand kry wat beter is. Ai, maar my hart is seer.  Die dronk gedagtes oorspoel mekaar van alle rigtings. Met tye vergeet hy van sy hart se seer en geniet dit net ten volle.  Ewe skielik tuimel ‘n gewig langs hom neer. Dis Fanie en hy lê op die vloer. In normale omstandighede sal Steven die situasie koel en kalm hanteer, maar hierdie was nie jou alledaagse situasie nie. Hy het nog nooit so baie gedrink nie en die wêreld maak golwe in sy oë.

“Bjarman! Barman! Bel die ambulans!”

Ou Soutie loer om die muur en skrik so groot dat hy amper nie sy foon raakgevat kry nie. Nog nooit het hy vir Fanie so gesien nie. Steven het hom nog ‘n paar warm klappe gegee om te sien of hy bykom. Daar is darem ‘n pols en hy haal asem. Die truuks wat hy geleer het by die noodhulp klasse het darem gehelp.

“Soutie! Wanneer kom hulle?”

“Hulle is om die draai. Draai hom solank om dat hulle hom kan laai. Ek sluit solank toe.”

Die hulp het sommer vinnig daar aangekom. Die ambulans se mense kon nie glo toe hulle sien wie op die grond lê nie. Fanie is ‘n gereelde drinker. Nooit sal hy te veel drink nie. Steven staan verskrik eenkant terwyl hulle met flitse in sy oë skyn en vasmaak aan die stretcher. Hierdie drama is genoeg om ‘n man ‘n leeftyd te hou. Sy gedagtes word onderbreek toe een van die mense hom vra. “Meneer, ry jy saam of hoe?” Sonder om twee keer te dink antwoord hy. “Ek ry saam.”

Hierdie aand het in ‘n oogwink verander van ongelooflik na skokkend. Steven weet nie hoeveel meer hy hiervan kan vat nie.

3.

Die hospitaal se mure is ‘n mengsel van rooibruin. Dis onbekend. Die pyn aan die linkerkant oordonder die gevoel van onsekerheid in Christel. Sy het nie eens krag om haar mond oop te maak nie. Sy wil net wees. Niks meer nie. Sy dink terug aan wat gebeur het. Die laaste wat sy kan onthou is die gepluk van haar kop na agtertoe. Dit moes wees toe Robert haar aan die hare bykom. Skielik is sy meer bewus van wat om haar gebeur.

Waar is hy? Hoop hulle het hom gevang! Hy verdien dit!

‘n Vriendelike gesig loer verby die dynserige gordyn. Vir ‘n splitsekonde het sy gedink dit is haar Ma, maar dis onmoontlik. Haar moed sak toe Suster Margaret begin praat.

“My kind, ek is so bly jy is vandag beter. Jy het ‘n helse nagmerrie deurgemaak.”

Uiteindelik weet hulle nou.

“Daardie inbreker kan bly wees Robert het daar aangekom of jy sou…”. Suster Margaret trap vas met haar woorde. Sy wil nie vir Christel so vroeg ontstel nie. “Toemaar hartjie, rus jy net. Ek bring solank die ontbyt vir jou. Jy gaan dit nodig kry.” Sy knipoog flink na Christel en verdwyn vinnig agter die kamer se deur.

Wat! Die vermetelheid. Hoe kon hy so lieg? Ek moet hier wegkom. Die enigste beweging wat sy kan maak is die met haar regterarm. Haar linker en regterbeen wil nie saamwerk nie. Sy hoor iemand aankom.

Asseblief moenie dat dit hy wees nie. Die smeekgebed het gehelp. Dis weer Suster Margaret en weer vol vriendelikheid soos altyd.

“Tannie Margaret, daar is iets wat ek vir tannie moet sê.”

“Ja hartjie.”

“Die inbraak is nie waar nie. Ek was…”.  Nog voor sy haar sin kan voltooi, verskyn ‘n nuwe gesig agter die gordyn, maar hierdie keer is dit nie vriendelik nie.

“My vrou, ek is so bly jy is beter vandag. Almal wil weet hoe dit met jou gaan? Daardie man sal beboet. Dit belowe ek jou.” Sy woorde klink opreg, maar sy oë waarsku Christel sagkens.

Christel kry nie woorde uit nie.

Suster Margaret onderbreek die gesprek vlugtig. “Hartjie, jy was besig om te sê?”

Robert se oë verhard terwyl hy kyk na Christel. “Toemaar Tannie, ek dink ek is net bietjie deurmekaar.”

Die atmosfeer is ewe skielik baie ongemaklik en die Suster skuif eerder na die volgende pasient. Toe sy weg is, gryp Robert haar arm. “Jy beter jou storie reg kry. As jy vir enige iemand sê, sal jy dit berou. Hoor jy vir my? Jy gaan nêrens heen nie. As jy weggaan sal ek jou kry. Ek belowe jou dit.”

‘n Rilling skuif af in Christel se rug.‘n Koue rilling van vrees oorval haar. “Ek sal nie, belowe.” Sy kan nie die woorde glo wat uit haar mond kom nie. Hoe kan ek ooit weer teruggaan huis toe?! Iemand help my!

Die woorde is so duidelik, maar haar mond kan nie beweeg om dit uit te kry nie. Robert se vingers se drukking op haar arm verlig.

“Buitendien is ek jammer vir wat ek gedoen het. Ek weet nie wat oor my gekom het nie. Jy ken my mos.” Ja, ek ken jou mos!

‘n Halfuur voel soos ‘n ewigheid in daardie folterende atmosfeer waarin sy haarself bevind. As sy fisies kon, sou sy uitspring en hardloop so ver sy kan. Sy kan nie anders as om hom te vra nie.

“Het die dokters gesê wat alles fout is met my?”

“Nie al die toetse is al gedoen nie, maar hulle beweer jou rug het seergekry. Jy kan later daaroor worry. Ek en jy moet nou eers die storie van die inbreker agtermekaar kry. Die polisie sal later hier wees om ‘n verklaring te neem.”

“Moet ek regtig?”

Robert se oë verander van smekend na forserend.

Dit neem Christel byna 15 minute om te oefen wat sy alles moet sê. Sy raak sommer siek in die binneste om te dink aan hierdie onreg wat haar aangedoen word.

Die glimlag wat na haar kyk wat eens dié van Brad Pitt was, is nou een van The Joker. Robert is in sy noppies met hulle vordering.

“Ek sal vanmiddag weer by jou draai.” Kom nooit weer terug nie.

“Jy moet nou net rus en beter word.” Ek wil verewig rus!

Hy soen haar op haar voorkop wat gelaai is met die steke. Toe Robert verdwyn by die vertrek uit, vee sy vinnig met die agterkant van haar hand die verraad van haar voorkop af. Die vraag bly by haar. Hoekom kan ek nie my bene beweeg nie? ‘n Duisend drogbeelde oorskadu haar denke. Sy weet dat as sy nie meer kan loop nie, sy nooit weer sal kan wegkom by Robert nie. Sy sou nie eens sy houe kon ontvlug nie. ‘n Warmte stoot op in haar oë. Sy het vir te lank en te veel terug gehou.

Die nattigheid oorspoel haar gesig met ‘n sensasie wat sy lank terug al moes voel. Haar liggaam het nog nooit voorheen so oorgegee soos nou nie.

Christel wil eerder doodgaan. Dis die enigste uitweg of dis hoe sy vir nou voel.

4.

Steven se kringe onder sy oë was nog nooit so duidelik soos vanoggend nie. Dit is al 09h00. Hy het offisieel 24 uur laas geslaap. ‘n Paar keer het hy dit ernstiglik oorweeg om op te staan en huis toe te gaan, maar hoe sal hy anders uitvind of Fanie nog iewers familie het wat hy moet bel. Steven weet nog nie eens wat fout is met hom nie.

Hy het amper weg gesluimer toe ‘n diep stem hom orent laat sit. Dis die dokter. Dankie tog!

“Dokter, is alles okay?”

“Niks ernstig nie. Hy moet wel ‘n paar dae opgeneem word om gemonitor te word. Volgens die uitslae wat terug gekom het blyk hy ‘n diabeet te wees. Daar is nog ‘n paar toetse wat gedoen moet word om net seker te maak, maar andersins lyk alles piekfyn. Is jy familie van meneer Fourie?”

“Nee, net ‘n vriend. Die dames by die ontvangs sê daar is geen aanduiding van kontakpersone op sy lêer nie. Ek sal probeer uitvind of hy familie het in die omgewing. Kan ek hom sien?”

“Ongelukkig nie. Gaan maar eers huis toe. Jy sal elkgeval nie met hom nou kan praat nie. Die medikasie hou hom nog onder verdowing. Gaan maar huis toe en kry bietjie rus in. Dit lyk of jy dit nodig het.”

Suiwerder woorde het Steven nog nooit gehoor nie. Hy sal ‘n bed darem seermaak vandag!

“Dankie dokter, ek gaan definitief so maak. Sal later weer ‘n draai maak as die susters net vir hom sal s .”

Dokter knik en verdwyn met ‘n drafstap af in die gang.

Dis kompleet asof Steven sy eie voete hoor sjloef-sjloef af in die gang oppad kar toe. Hy is so gewoond aan ten minste agt ure se slaap ‘n aand. Hierdie aand was enetjie te veel vir hom. In sy bedrukte houding vang sy oog ‘n vrou huil in die kamer aan die linkerkant. Sy het die pragtigste blonde krulle. Amper soos die van Christel. Hy loop vyf tree aan en besluit om weer te loer. Hy wil nie voorkom soos ‘n nuuskierige agie nie, maar hy moet eenvoudig net sien. Sy voete maak ‘n reverse aksie. Hy gee ‘n goeie kyk na die vrou wat met haar hand in haar gesig leun. Dit lyk nie soos Christel nie. Hierdie vrou is duidelik belaai met die duurste horlosie en oorbelle wat geld kan koop. Hy sal weet, want dis sy werk om sulke goedere te ontleed. Hy strompel maar weer vorentoe soos beplan.

Oppad huis toe weet hy nie hoekom nie, maar hy kan nie ophou dink aan die vrou wat so gehuil het nie. Hy weet presies hoe sy voel. Hy wil huil oor daar iets skort in sy lewe. Hy het ‘n goeie werk en inkomste, maar wat is dit alles sonder liefde. Die trane stoot op in sy oë, maar dan onthou hy sy pa se woorde van destyds. Cowboys don’t cry het hy altyd met ‘n glimlag in sy stem gesê. Die trane skuif af tot in sy keel en steek vas met mening. Ek sal nie huil nie, oortuig Steven homself.

Steven se gewig groet die bed met ‘n klapsoen. Hy draai om en staar na die plafon. Ek wonder waar is jy Christel. Kom na my toe. Hy trek sy kussing nader en verbeel dis haar lyf wat syne aanraak. Voor hy wegraak uiter hy sy laaste woorde. Dink aan my soos ek aan jou dink asseblief.

5.

Dit sous behoorlik buite. Christel sit en wonder aan al die dinge wat gebeur het. Aan die verlede. Haar sussie en dit wat die dokter vanoggend vir haar kom sê het. Sy sal verewig net hier kan lê en droom. Ten minste was die dokter se diagnose goeie nuus. Vir enige ander persoon sou dit slegte nuus wees, maar nie vir haar nie. Hoe langer sy fisioterapie moes bywoon, hoe langer sou sy wegbly by daardie tronk. Sy verlekker haarself terwyl sy dink aan hoe Robert self al die huis se takies sal moet doen. Haar innerlike beur weg van die gedagte van hom. Sy sal fokus op die goeie vir so lank sy kan.

Sy sit en wonder waar haar sussie kan wees. Hulle praat nie meer nie. Nie sedert hulle ouers se begrafnis nie. Sy wens so sy kon haar bel, maar sy sal net die foon neersit. Sy weet dit. Tog, is haar sussie haar enigste wegkomkans. Christel het niks meer op haar naam nie. Robert het seker gemaak daarvan. Hy is siek, siek, siek. Christel kan steeds nie glo hoe ver hy sou gaan om haar te beheer nie. Hoekom moes hy juis vir haar uitkies tussen almal. Miskien omdat sy ‘n maklike target was? Dit moet wees. Haar skouers verlig met die gedagte dat sy gelukkig nie kinders saam met hom het nie. Dit sou tien keer erger gewees het.

Die water speel lyne van ‘n simfoniese aard teen die hospitaal se venster af. Christel sal vir ure net kan staar na die beelde hier buite. As sy darem nou ‘n verfkwas en papier gehad het, sou sy darem ‘n meesterstuk kon skep.

“En as jy so staar?” ‘n Stem ontbeur haar wakker.

“Dit klink vir my ons gaan jou nog vir lank hier sien.”

Tannie Margaret se oë kerf ‘n patroon wat haar herinner aan haar ouma wanneer sy altyd so gelag het.

“Ja tannie. Julle sal moeg raak vir my.” 

“Nooit nie hartjie! Jy is te kosbaar vir woorde. Jy sal later wens jy kan net huis toe gaan.” Nee, ek sal nie.

Tannie Margaret sit ‘n bord neer voor haar.

“Net soos jou ma altyd vir jou gemaak het. Onthou jy? Ek het vir die kok ‘n spesiale versoek gevra.”

Hier kom dit. Hier kom dit. Agge nee!

Die trane loop oor Christel se wang sonder keer. Tannie Margaret se hand op Christel s’n is warm soos dié van ‘n ma. Dit versterk die vloei van trane.

“My hartjie, ek weet dit is swaar vir jou. Ons almal mis haar. Ek ook. Jou ma was altyd daar vir my. Jammer dat ek jou ontstel het. Dit was nie my intensies nie. Kalmeer nou en eet jou kos sodat jy jou kragte kan herwin, toe?”

Tannie Margaret vryf Christel se arm sagkens en verdwyn weer soos ‘n dief in die nag. Met elke hap gee Christel ‘n stel snikke. Baie mense loop verby haar kamer en loer in. Dis seker besoektyd. Die gedagte walg haar, want dit beteken net een ding. Sy vat ‘n volgende hap.

Haar oog vang nog ‘n besoeker by haar deur verbyloop. ‘n Pasient se kamer is skuins oorkant haar kamer. Die besoeker is ‘n man. Sy kan nie help om te staar nie. Hy is redelik aantreklik en die lyne van sy lyf skree perfeksie. Amper soos Paul Newman. Slank, maar stewig. Sy skouers is baie breed en ferm. Hy staan in die deur se ingang vir ‘n rukkie en verdwyn na binne. Hy het seker vir sy vrou kom kuier. Christel se verwondering word vinnig stopgesit toe ‘n ander man die vertrek binnekom. Dis hy. Die ondier!

Dis al hoe sy hom kan sien. Sy oorgekamde hare is weer perfeksie soos gewoonlik. Elke haar in sy plek. Sy perfeksionisme is sy onvolmaaktheid.

“Hallo my skat. So, wat sê die dokter?”

Hierdie nuus kan Christel nie wag om met hom te deel nie. Die uitdrukking wat hy gaan hê op sy gesig is van onskatbare waarde.

“Hallo. Die dokter sê ek het my rug beseer, maar sal gelukkig kan herstel met behoorlike fisioterapie.”

“So, wanneer kan jy huis toe kom?” Hier kom dit!

“Ek moet hier bly vir so twee weke om deur die loop van die dag fisio en ander behandelinge te kry.”

Daar is dit! “Nee maar, ek kan mos reël dat hulle na jou toe kom. Net die beste vir my vrou.” Toe nie!

“Ek gee glad nie om in die hospitaal te bly nie. Dit sal net makliker wees.” Christel moet die smeek in haar stem inhibeer.

Nog voor sy nog ‘n woord kan inkry storm Robert by die deur uit. Hy wil reëlings gaan tref. Sy moes van beter weet. Hy kry altyd sy s’n.

Sy hoor sy stem af in die gang. Dis ferm, maar kalm. As Robert praat luister almal in ‘n vertrek. Sy pa is nie verniet die grootkop by die Polisie nie. Die gesprek duur langer as die algemeen.

Robert verskyn weer by die deur. Kan dit wees? Het hy hierdie stryd verloor?

“Die mense gaan jou goed kom pak. Ek sal jou môre so 17h00 kom haal.”

Christel voel ‘n steurnis in haar wese. Sal hierdie nagmerrie ooit eindig? Robert se lyftaal skree triomf!

Hy sak om haar te soen op haar mond. Sy draai haar wang na hom.

“Moenie worry nie my blom. Hierdie hele gedoente sal alles vinnig verby wees. Gouer as wat jy kan dink.” Ek wil nie daaraan dink nie. Los my net uit en loop jou vark!

Christel voel haar hele bestaan soos wat sy dit ken is op ‘n einde. Wat het ek gedoen om dit te verdien?

“O ja, ek kry ‘n dame in om die huis op standaard te hou. Jy weet mos hoe ek voel oor die huis?”

En hoe?

“Dan is die huis sommer kant en klaar as jy daar kom. Jy sal seker die eerste week moet rus voor jy weer op die been is.”

Sy snak na haar asem. “Maar die dokter het gesê ek moet net beweeg as ek die fisio doen.”

“Dalk. Dalk nie. Ons sal sien. Jy gaan sommer vinniger op en bedrywig wees as wat jy dink. Maar genoeg van dit. Ek het ‘n klient oor so 10 minute by die kantoor. Ontvangs boek my onnodiglik vol.”

Elke keer as Robert by daardie deur uit beweeg is dit soos ‘n gewig van haar skouers. Sy bid hom weg. Sy kyk uit by die venster en wonder of dit moontlik is om haar vlerke te sprei en te vlieg soos die swaeltjie wat sweef om en om. Ek sal nie net om en om nie. Ek sal vlieg tot daar waar ek nie meer kan nie.

‘n Deur skuif oop van oorkant die gang. Dis hy. Sy kan nie minder omgee oor enige ander persoon op hierdie oomblik nie. Sy wil met selfsug net vir ‘n slag aan haarself dink. Nie eens Tannie Margaret sal hierdie gevoel kan herstel nie. Om een of ander rede skuif haar oë na ‘n beeld wat staan in haar kamerdeur. Hy staan net daar. Creepy. Hoekom kyk hy so vir my? Hy beweeg nader. Wat is fout met hom?

“Christel?” Sy stem is amper so suiwer soos die van ‘n engel. “Ja, ek is Christel. Ken ek jou?”

Hy begin onbeheerst te lag uit sy maag uit. Wat is fout met hierdie man?

“Christel, kyk mooi na my en probeer weer.” Haar oë trek amper op skrefies om sy gesig te plaas.

“Steven?” Daar is ‘n huiwering in haar stem. Dit kan nie hy wees nie, want hierdie man lyk heeltemal anders. Die Steven wat sy geken het was baie maer en het dik brille gedra. Hy het definitief nie sulke breë skouers gehad nie.

“Die einste hy.”

“Maar jy lyk so…”

“Ek weet. Anders. Snaaks wat oefening en ‘n gesonde bord pap vir jou kan doen in die oggende. O ja en natuurlik kontaklense.” Hy lag skaam.

“Daar is die Steven wat ek ken.” Die woorde bring ‘n warm gevoel in sy hart.

Hy kan homself nie keer toe sy oë af beweeg na haar linkerhand nie. Die knoets is amper so groot dat hy nie kan insien hoe hy dit kon mis nie.

“Ek het gedink jy is allankal weg uit die dorp. Ek is jammer om te hoor oor jou ouers.”

Christel kyk af. Sy wil nie daaroor praat nie.

“Ek is maar nog altyd hier.” Sy kyk op na hom.

Hy sien ‘n hartseer in haar oë.  “Hoekom is jy hier?”  Sy verander die gesprek vinnig.

“Ek moes net bietjie wegbreuk van my lewe.  En wat beter plek as hier?”

“Ek wens ek kon enige ander plek as hier wees.” Sy praat te vinnig.

“Hoe so?”

Sy lag die stelling wat sy gemaak het af.

“Ag jy weet. Mens raak moeg vir dieselfde plek na soveel jaar.”

Steven glimlag breed. “Ek ken jou mos so. Ek is verbaas jy is nog hier.”

Hy brand om haar te vra oor haar getroude lewe, maar hy hou homself terug.

Sy kop sê LOOP! maar sy voete wil nie saamwerk nie. Hy wil verewig hier bly staan.

“So wat maak jy hier?”. Haar stem is so mooi vir hom.

“Ek het mos gesê.”

Sy knip hom kort. “Nee, ek bedoel wat doen jy hier by die hospitaal?”

“Lang storie vir ‘n ander dag. Jy wil seker rus. Ek sal moet skedaddle.  Sien jou môre weer?”

“Ek gaan nog nie iewers heen nie. Ek sien jou môre. Wat ‘n aangename verrassing. Om jou hier te sien.” Christel skud haar kop in ongeloof.

“Wat is fout?”

Sy beduie met haar hand na Steven. “Ek kan nie glo dat jy so baie verander het nie.  Dis al.”

Steven lag weer.

“Jy is self nie sleg op die oog nie. Rus nou. Dan sien ek jou môre.”

Christel bloos en kyk af. Hy steek sy hand op en tree agtertoe. Sy vingers gly weg om die skanier.

Hy los ‘n verstomme Christel agter. Wat het sopas gebeur?

AS JY NOG WIL LEES, LAAT WEET MY EN EK STUUR VIR JOU DIE RES

Lift up your head child

Lift up your head.

Look around at the wonders around you.

See the lush green leaves that I carved for you.

Look at your kids playing with each other.

While you are looking at your phone so many memories passed you by.

Wake up! See the person sitting next to you at the doctor’s office.

Or standing in line with you at the shop.

Put away your phone and start speaking.

Connect.

Learn new things.

See people through my eyes.

Go take a walk in the park.

Do a silly dance with your loved ones.

Create and play!

But I ask of you my child, do not look down at that screen.

I miss you. Your kids miss you. Your spouse misses you.

Connect. Love. Be free.

From your heavenly Father…